'n Produk van Pretorium Trust. Lees meer >
Hoe dit werk - Bonuscard

Hoe dit werk

Doen aansoek vir
jou bonuscard

Koop by meer
as 8 000 winkels

Betaal jou
rekening maandeliks

Ontvang jou
jaarlikse kontantbonus

bonuscard is jou gerieflike aankoopkaart wat dit vir jou moontlik maak om elke jaar ‘n kontantbonus op al* jou maandelikse aankope te verdien

*Brandstofaankope is uitgesluit

Voordele van bonuscard:

  • Daar is geen meerderheid-aandeelhouers nie – die lede is die mede-eienaars van die koöperasie en deel aan die jaarlikse netto-wins op ’n gelyke grondslag
  • Kontantbonusse word jaarliks uitbetaal, geen nuttelose kredietpunte of vliegmyle nie
  • Lede word met die totale jaarlikse netto-wins beloon
  • Jy kan bonuscard saam met enige van jou lojaliteitskaarte gebruik
  • Tot 45 dae rentevrye krediet vir aankope wat met bonuscard gemaak word
  • Meer as 8 000 winkels om van te kies, insluitende nasionale kettingwinkels en kleinhandelaars
  • Plaas ’n perk op jou aankooplimiet om jou te help om vir jou maandelikse uitgawes te begroot
  • Finansiering en kontantlenings is beskikbaar teen vaste rentekoerse (geen bykomende koste nie)
  • Korttermynversekeringpremies kwalifiseer ook vir die jaarlikse bonus
  • Een maandelikse rekening om te betaal, wat aankope, finansiering, kontantlenings, begrotingspaaiemente en versekeringspremies insluit

Koop by meer as 8 000 winkels

  • Vind topgehalte kleinhandelaars regoor die land
  • Koop jou daaglikse benodighede, kruideniersware en swaarverdiende luukshede met net een kaart
  • Gebruik jou bonuscard saam met jou bestaande lojaliteitskaarte en kry steeds jou belonings

Vind jou gunsteling kleinhandelaars naby jou.

Kry elke jaar 'n kontantbonus

  • Geen perk op jou bonus nie – hoe meer jy spandeer, hoe meer verdien jy
  • Jou bonus word bereken as ‘n persentasie op jou jaarlikse aankope en korttermynversekering premies
  • Ontvang jou bonus elke November

Bereken jou bonus aanlyn

Koste van krediet

  • Ledegeld: R10,00 eenmalig
  • Kaartfooi:
    • Koste per kaart: R95,00 per jaar
    • Kaartbeveiliging: R12,00 per jaar per kaart (opsioneel)
    • Kaartfooi by vervanging: R25,00

Betalings

Waar van toepassing, sal die volgende koste deur die kredietverskaffer verhaal word:

  • Kontantbetalings by Pretorium Trust kantoor (fooi per R100,00): R0,50
  • Krediet-/debietkaartbetalings by Pretorium Trust-kantoor (fooi per R100,00): R1,50

Betalings-opsies beskikbaar: Debiet Order – OTM-rekeningbetaalstelsel – Aanlyn-bankprogram – By Shoprite Money Market

Rentekoers

Oop rekening: Enige bedrag wat nie op die betaaldatum (laaste werksdag van die maand) betaal is nie, sal vrygestel wees van rente indien dit betaal word voor die 10de van die daaropvolgende maand. Rente teen 8% per jaar bo die prima uitleenkoers van banke wat saam met die prima uitleenkoers wissel sal gehef word op betalings wat na die 10de van die daaropvolgende maand ontvang word.

Begrotingsrekening

Aankope op begrotingsrekenings kwalifiseer ook vir die jaarlikse bonus. Rente word bereken teen die prima uitleenkoers van banke plus 4%. Met dien verstande dat indien bogenoemde rentekoers te eniger tyd die toepaslike maksimum voorgeskrewe rentekoers wat ingevolge Artikel 105 van die Nasionale Kredietwet bepaal word, sou oorskry, die toepaslike voorgeskrewe rentekoers sal geld.

Transaksiefooie

  • Per transaksie: R1,00
  • Maandeliks: Heffing op alle aankope by Shoprite, Checkers, Checkers Hyper, House & Home, OK Furniture en Pick n Pay: 0.70%
  • Adminfooi op brandstofaankope (geen bonus nie): 1.75%
Bogenoemde fooie en heffings is onderhewig aan wysiging.

Bonus

‘n Pretorium Trust-rekening is op die laaste werksdag van ‘n maand betaalbaar. Vir bonusdoeleindes sal betalings wat nie later nie as die derde dag van die daaropvolgende maand ontvang word, steeds vir ’n bonus kwalifiseer. As die derde dag van die daaropvolgende maand op ‘n naweek of ‘n openbare vakansiedag val, sal betalings op die volgende werksdag steeds vir ‘n bonus kwalifiseer.

Doen aansoek vir jou bonuscard

Voltooi slegs ons aanlyn-lidmaatskapvorm en volg die instruksies.

Betrek jou vriende en familie

Vertel jou vriende, familie, bure en kollegas van die uitstekende voordele wat jy as ‘n lid van bonuscard geniet en jy kan R250 verdien vir elke lid wat suksesvol gewerf word.